Events

Club evening - Dragonflies

Datum: 26 July

JP (Lappies) Labuschagne gaan op Dinsdagaand 26 Julie ‘n aanbieding lewer oor naaldekokers en waterjuffers. Kennis van hierdie kleurryke en interessante insekte sal jou stap- en klimtoere inkleur. Die skakel na sy webruimte is: www.dragonflies.co.za

Hy som sy komende aanbieding so op:
Ons gaan kyk na waar naaldekokers vandaan kom en hoe die wetenskaplikes by hulle name uitkom,  Daarna gaan ons lekker kyk wat is die verskille tusen naaldekokers en waterjuffers. Ons maak ‘n draai by die invloed van naaldekokers in die ekologie. Ons gaan raak aan ‘n projek wat my na aan die hart lê en dit is die Virtual Museum projek. Ons ken almal die voël atlas projekte maar weet maar min van die ander goggas se projekte. Ons kyk na wat ons as amateur wetenskaplikes hier kan doen. Daarna begin die plesier van naaldekokers en waterjuffers kyk. Ons gaan so lank aanhou tot iemand my met skoene gooi. Ek dink daar is foto’s van so 60 spesies in die aanbieding met so hier en daar ‘n kort video oor die doen en late van hierdie wonderlike groep fotogeniese insekte. Ek is seker na die tyd gaan ons lekker gesels oor hulle.