Events

Wolkberg - 15-19 Junie

Die beplanning is om Woensdag omtrent 16:00 uit Pretoria te vertrek en dan tot by die hut te ry.  Sondagoggend sal ons so teen 12:00 by die hut vertrek.  Dit is wesentlik om die langnaweek verkeer altwee dae te mis.  Die stap sal dagstappies wees, afhangende van die weer: klim Serala, stap na die waterval, wonderwoud, die glye en ‘n bietjie grotkruip.   Ons slaap elke aand in die hut.  

Mense wat wil saamgaan moet asseblief die klubaand bywoon vir die tref van die finale reëlings.  Om na die hut te ry moet ons vooraf toestemming reël.  Die aantal voertuie word ook beperk.  

Leier: Petrus Nel 0825789115