Members' Stories

1-2-5 Climb! - Pieke.  Val alle kante.

Saterdag, 15 Oktober 2016.

Ons was maar taamlik huiwerig toe ons die miswolke rondom die Pieke vanaf die ingangshek by Jonkershoek sien, maar het toe vir die beste gehoop en 8vm begin stap.

Die eerste afdraai na die Pieke, vanaf die Jeep pad, was met lint toegemaak – so ons het besluit om om die dennebos te loop na Sentraalkloof toe.  Ons het so lekker aan die gesels geraak dat, toe ons weer sien, staan ons op Square Tower Peak!

Ons het toe al met die kranse langs, aan die Banhoek kant, ge-‘bundu bash’ tot by die ‘boog’ onder die eerste Piek. 

Vandaar het ons met ‘n paadjie tot bo gestap. Die afdraend in Langrivierkloof was maklik die moeilikste berg-af wat ek in my lewe al ervaar het.  Maar bygesê, van al die ervare stappers wat saamgegaan het, het ek die minste myle op gehad.


Distance: 18.31km
Duration: 10h06m
Min altitude: 221m
Max altitude: 1492m


Dankie aan Johann Benkenstein, Elsa Geldenhuys, Eben en Linda Olivier (ook vir die pleisters!), Andre Venter en Chris Spies!

HANNES TRUTER


Vlnr:  Linda Olivier, Chris Spies, Elza Geldenhuys,  Eben Olivier, Johann Benkenstein & Andre Venter.
Voor:  Hannes Truter.

Last modified onThursday, 20 October 2016 09:32